My Namibië

My Namibië

Namibië is ‘n groot deel van my lewe. Alles wat daarmee saamgaan, maak ons land wat hy is. Ek het wat ek beleef en voel in ‘n gedig saamgestel:

Sy strale sien jy oor die randjie breek, so warmgloed, so watersoet

Hy breek die nag, hy deel sy prag, hy gee vir ons die nuwe dag

Oor vertes heen word die duine wakker, begin die diere in die bos karjakker

Warm reën van sonstrale sak uit op ons Namibiese aarde

Ons geliefde land, ons skat, ons waarde

Ons reënboog nasie, ons inspirasie

Ons diereprag laat die gronde druis, die buffel op die vlaktes, die slang, ‘n gesuis

Die springbokke pronk, huppel en dans, die leeuwyfie lê rustig en wag vir haar kans

Ver op ‘n sandhoop staan ‘n meerkat op diens, ‘n koei sê vir haar dooie kalfie totsiens

Die valk vlieg hoog, hy toon geen genade, hy skandeer die grong, op sy parade

Olifante plant spore in ons aarde, nes die renoster, ons grootste waarde

In die verte is daar net stof wat waai; koning leeu het nog ‘n zebra gemaai

Elke druppel versier die lug in sekondes, elke brander maak telke male sy rondtes

Ons see is rof en rustig en mal, elke brander uniek, ontplof met ‘n knal

Dis vis is volop, maar hou tog net dop, as die maan vol is, is die vis ook op

Dit duik en dit swem, dit speel en baljaar, dis voete wat brand, die son wat nie spaar

Oosweer wind waai, sand vir ‘n vale, word verblind deur die stof, ons duine bring lof

Kalmte daal weer met die nagkoelte neer, dis vure wat brand, en voete vol sand

Namibia is in my hart en deel van my vlees

Dis wie ek is, en kies om te wees

Ons heelal is vol kleurvolle prag

Maar Namibia laat my steeds na ons stiltes smag

Ons land is rustig, en kalm en oop

Ons land is vir niks en niemand te koop

Digter: Yvette du Plooy (copyright)

Please follow and like us: